nam play
Die Namib Musiekfees vind plaas op Saterdag, 14 April 2018 in Windhoek en jy is genooi

Namib
Musiekfees


Lees Meer
Steve
Kunstenaars 2
Leah-1
Theuns

Die Namib Musiekfees se datum is Saterdag, 14 April 2018

Die Namib Musiekfees het sy datum geskuif na Saterdag, 14 April 2018 om seker te maak strategiese vennote soos Namibië Brouerye kan by die projek betrokke wees en die fees verder uitbou.

Die fees se organiseerders het gister gesê dit is vir hulle belangrik om seker te maak die fees is uniek en eie aan Namibië en dat Namibiese ondernemings deel van die groot projek kan wees.

“Die Oktober-datum van die fees is moeilik vir vennote soos Namibië Brouery omdat hulle reeds betrokke is by die jaarlikse Oktoberfest in die stad. Dit is belangrik vir die musiekfees om dit vir feesgangers moontlik te maak om die verskillende geleenthede te kan bywoon.

“Mense wat reeds kaartjies gekoop het, kan Webtickets kontak vir ’n terugbetaling of kan die kaartjies hou vir die nuwe datum,” lui die verklaring van die organiseerders.

Die organiseerders gaan dieselfde kunstenaars by die fees probeer behou en sal binnekort ’n nuwe finale program en ander inligting bekend maak.

Feesgangers wat reeds kaartjies gekoop het vir vanjaar se fees, kan Webtickets Namibia kontak vir 'n terugbetaling by 081 127 2725. Hou gerus ons webtuiste en sosiale media dop vir verdere inligting.

Sien uit na

Nam Icon Artists

Die feesterrein en topkunstenaars

Al die opwinding vind plaas op een plek: Wanderers Sportgronde, Windhoek. Die hoofverhoog dien as anker met topkunstenaars soos Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, Leah, Die Broers. Rondom die verhoog is daar stalletjies, ’n biertent en ander doendinge om jou die heeldag te vermaak.
Nam Icons Food

Heerlike eet- en drinkgoed

Verskeie kosstalletjies is op die feesterrein beskikbaar, waar jy heerlike plaaslik kos kan kry. Geniet ook die heerlike kuieratmosfeer saam met familie en vriende in die biertent naby die hoofverhoog.
Nam Icons Accom

Verblyf

Maak gerus van die fees se verblyfkantoor gebruik om jou met verblyfbesprekings te help. Kontak die verblyfkantoor by +264 (0) 81 259 2250. of stuur 'n e-pos aan Esté Syfert by este.syfert@gmail.com. Verskeie gastehuise en ander opsies is in Windhoek en die omliggende areas beskikbaar.

Jy kan nie die grootste musiekfees
in Namibië misloop nie


Grootste in
Namibië

Namibië se grootste Afrikaanse handelsmerk in vermaak, beloof ’n groot aanbod met kunstenaars uit Namibië en Suid-Afrika, aangebied by die Hage Geingob Rugby Stadion in Olympia.

Deel in die
groot opwinding

Optredes deur kunstenaars, vermaakaktiwiteite, digitale media, regstreekse-video, lewendige ervarings en soveel meer.

Vir die
hele gesin

Bekostigbare gesinsvermaak en ervarings gefokus op Namibiërs word aangebied.

Top
Kunstenaars

Sien van Namibië en Suid-Afrika se topkunstenaars saam op een groot verhoog, by een fees, oor een naweek – met o.a. Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, Leah, Miss H, Sean K en vele ander.